Die Oortuigings en Praktyke van Islam

Die Betekenis van Islam

Basiese Oortuigings van Islam

Eenheid van Mensdom

Eenheid van die Boodskap

Pilare van Islam

Pilare van Geloof

Die Islamiete Shariah (Wette van Islam)

Die Wettig en Onwettig in Islam

Oorlog

Jihad

Vrou mense en Islam

Kleed

Tradisies wat me Islam Bemoei


Die Betekenis van Islam

Islam beteken om vrylik te dien na die Gebooie en Begeerte van Die Een en Enigste God (Allah). Die voorleging moet van binne kom, van die sterk geloof in, en die oortuiging van Allah, met geen twyfel nie. Dit moet ook met liefde, vertroue en aandoening gedoen word.

Allah is nie ‘n spesiale God vir Moslems nie, maar Allah is die Skepper van alle wesens, mensdom ingesluit.

Die Profeet Muhammad (Vrede aan hom) is die Boodskapper van Allah. Die Profeet Muhammad (Vrede aan hom) het die Woord van Allah geontvang (openbaring), deur die voor-engel Gabriel ( Die Heilige Gees). Die openbaring is die bestaan van die Geloof van Islam.

Die Koran is die oorspronklikste versameling van die openbaring wat in die geskrewe woord te vind is. Dit is die presiese, onveranderd Woord van Allah na al mensdom.

‘n Moslem is enige man of vrou wat in Allah glo en dat die Profeet Muhammad (Vrede aan hom) sy Boodskapper is en hulle sal voor getuies tuig na hulle geloof en dat hulle Islam aanvaar soos hulle geloof. ‘Moslem’ moet nie verward word met ‘Arabies’ nie; ‘n Moslem is ‘n persoon wat die geloof van Islam volg en hy of sy kan van enige nasie wees, Arabies is ‘n nasie van mense wat enige geloof kan het soos Christenskap, Islam, Boeddhiste, Hindoeïsme, ateïsme of enige ander geloof . Arabiese mense is net 18% van die hele Moslem populasie van die wêreld vandag, en dit is geglo dat een vyfde van die wêreld se populasie Moslem is, meer as een miljard mense.

Islam is ‘n eenvoudige en praktiese geloof. Dit het verstaanbaar beloofde en wette wat gestig, duidelik en maklik gemaak is en volgelinge en studente van die geloof kan dit maklik verstaan. Islam bevestig oortuigings in ‘n ordentlike, beskaafde gemeenskap. Islam verwag nie dat sy volgelinge onmoontlik goed moet wees nie, dit erken dat alle mense kan foute maak en kan sonde doen. Nie een van ons is vrygestel. Islam preek vrede, genade, regverdigheid, verdraagsaamheid, liefde, waarheid, vergifnis, geduld, moraliteit, opregtheid en geregtigheid.

Islam is die geloof wat die Eenheid van God, die Eenheid van mensdom end die Eenheid van die Boodskap preek.


Basiese Oortuigings van Islam

Eenheid van God: “Tawheed”
Moslems glo dat daar Net Een Hoogste God (Allah) bestaan. In Islam, om te glo in Allah, is om Allah alleen te aanbid en om al Allah se opdragte te gehoorsaam. Die Tawheed sluit in die eenheid van die Here, die eenheid van Aanbidding en die eenheid van Name en Eienskappe:

A) Eenheid van Heerskappy: Om te glo dat Allah die ENISGTE Skepper is, Verskaffer, en Die Bevelvoerder.

B) Eenheid van Aanbidding: Om te glo dat Allah is die Enigste God wat Aangebied moet word, en gehoorsaam moet word soos dit voor-geskrif is.

C) Eenheid van Allah se Name en Eienskappe: Te glo dat Allah is Perfek en sy Name en Eienskappe is Perfek volgens wat Allah ons oor Hom in die Koran vertel het, en om te glo dat daardie Name en Eienskappe, in hulle perfeksie, net aan Allah hoort.

◊ Moslems glo dat niemand anders saam met Allah sy goddelikheid deel nie, nie engele en nie mense nie. Allah sê:

“En Allah maak dat niemand deel in Sy besluite en Sy reël.”

(Heilige Koran 18:26)

◊ Moslems glo nie dat Allah slaap nie, hy word nie moeg nie, en hy kan nie sterwe nie. Die eienskappe is net vir Allah se wesens. Allah het geen swakheid of moegheid nie.

◊ Moslems glo nie dat mense in Allah se beeld geskep is nie.

◊ Moslems glo dat daar geen tussenganger is wat ons nader aan Allah toe kan vat of namens ons kan pleit nie. Hulle glo dat enige individu kan direk vir Allah versoek vir enige iets wat hy of sy soek.


Eenheid van Mensdom

◊ In Allah se oë is mense gelyk geskep. Daar is geen meerderwaardigheid van een mens oor ‘n ander vir geen rede anders as vroomheid en geregtigheid. Moslems is vereis om die eerbaarheidheid van mensdom te respekteer, ongeag van verloof, geslag, nasionaliteit, plek van geboorte, alle mensdom is vereer.

◊ Mense moet nie veroordeel word nie vir faktore wat hulle geen keuse oor het nie, soos geslag, kleur, grootte, ras, gesondheid ens. Islam preek ons dat menslike diversiteit wys ons die rykdom van Allah se genade en die skoonheid van sy skepping. Die Profeet Muhammad het gesê: “Sekerlik kyk Allah nie na julle gesigte of julle liggame nie, maar na julle harte en dade toe.”,

◊ In Islam is daar geen priesters of heilige mense nie, en niemand het spesiale toegang na sakramente toe, egter is daar geleerdes wat kennis het van Islam, en hulle plig is om eerlik Islam na anders te bedui. HULLE IS NET ADVISEURS.

◊ Islam leer mense om matig te leef. Moslems moet nie heeltemal alles opgee in die lewe vir die lewe hierna nie, maar hulle moet ook nie op hou werk vir die hierna wat sal kom in die lewe nie.


Eenheid van die Boodskap

Moslems glo dat Allah Boodskappers Gestuur het na elke nasie regdeur die geskiedenis van mensdom. Boodskappers het met die selfde boodskap gekom, om aanbidding na die Een Hoogte God te gee en om Sy Opdragte te gehoorsaam.

Onskuld van Mense by geboorte. Moslems glo dat mense vry van sonde gebore word en dra geen verantwoordelikheid vir ander se foute en sonde nie. Net na hulle puberteit ingaan , en kan gewillig sonde pleeg kan hulle verantwoordelik gehou word vir hulle dade in die lewe en die hierna.

Daar is geen erfsonde in Islam nie. Moslems glo dat al twee Adam en Eva was ewe verlei, en al twee gesondig, en was al twee verantwoordelik dat hulle nie Allah gehoorsaam het nie. Al twee het berou gevoel , en Allah het al twee vergewe.

Moslems glo dat geen siel verantwoordelik kan wees vir die sonde en foute van anders, al is dit hulle ouers, kinders, mans of vrouens.

Moslems glo dat vergifnis is altyd beskikbaar deur bekering. Moslems bid vir bekering direk na Allah toe, sonder geen tussenganger.

Redding in Islam kom net met geloof en praktyk. Al twee loop langsaan, sodat redding toegestaan kan word.


Pilare van Islam

Daar is vyf pilare van Islam:

  1. Shahada (Getuig)
  2. Salah (Gebed)
  3. Seyam (Vas),
  4. Zakat (Liedadigheid)
  5. Hajj (Pelgrimstog)

Shahada (Geloof)

Die mondelik toewyding en belofte dat daar geen godheid behalwe Allah is nie, en Muhammad is Allah se boodskapper.

 

Salah (Verpligte Aanbidding [Gebed])

Dit is die plig van elke Moslem, man en vrou, na hulle die ouderdom van puberteit bereik, om vyf Salats (gebed) uit te voer op spesifieke tye deur die dag en nag. Die vyf tye is: – Dagbreek, Middag, Laat Middag, Sononder en Nag. ‘n Ritueel wat Wudu (Skoonmaak van verskeie liggaamsdele met water) genoem word, is ‘n vereis voor Salat.

Rak'a

Die tekens hier bo is een “rak’a”, of een stel van staan, buig, neerwerping en sit. Elke Salah bestaan van verskeie Rak’a. Moslems is  streng aangemoedig om in ‘n masjid te bid, maar as dit onmoontlik is, kan hulle enige plek gebruik wat skoon is; Moslems kan nie Salah in  ‘n badkamer uitvoer nie.

Siyam (Vas)

Moslems vas teen die maand van Ramadan (die negende maand op die maan-kalender), van son op tot son af, en dit is verpligtend vir elke gesonde volwasse Moslem, man of vrou. Vas beteken die totale onthouding van eet, drink, rook, gom kou, intieme verhoudings en enige iets wat ingevoer kan word in ons liggaam. As iemand siek is en moet medisyne neem, dan  kan hulle nie vas nie. Die vas is ‘n tyd van dissipline om ons skoon te maak van slegte gedrag soos argumente en as ons slegte dinge gesê het. Daardie wat siek is of kan nie vas omdat hulle probleme met hulle gesondheid het, of omdat hulle te oud is, is vrygestel van die vas, maar hulle moet iemand wat arme is voer een keer in ‘n dag vir elke dag wat hulle nie gevas het nie. Vrouens wat swanger is, menstrueer of wat bors voed , mense wat op ‘n reis is, is ook vrygestel van die vas, en hulle moet ook iemand wat arme is kos gee vir elke dag van die vas wat hulle  gemis het.

Zakah (Liefdadigheid)

Zakat is ‘n jaarlikse verpligting van liefdadigheid vir elke Moslem, man of vrou, wat oor die laaste jaar meer besit in geld of eiendom wat oorskry hulle minimum behoeftes. Die vereiste is 2,5% van  iemand se oortollige  rykdom. Dit word ook ‘n belasting genoem, omdat dit ondersteun die mense wat vir die regering werk en wat nie vry is om by ander plekke geld te dien nie.

Hajj (Pelgrimstog)

Die optrede van die pelgrimstog na Makkah, Saoedi-Arabië toe is vereis om ten minste een keer in ‘ leeftyd  deur elke Moslem gedoen te word , as hy finansieel en fisies in staat is. Hajj begin elke jaar in die maand van Dul Hijjah; Dul Hijjah is die twaalfde maand in die Islamiete (maan kalender) jaar. Die Hajj is ‘n geestelike reis waar ‘n Moslem al die wêreldse dinge kan vergeet en sy of haar aandag aan Allah alleen kan bestee.


Pilare van Geloof

Islam preek dat daar ses pilare van geloof is: Geloof in Allah, Sy engele, Sy boeke na Mensdom, Sy Profete en Boodskappers, die Dag van Oordeel en Bestemming:

1. Geloof in God (Allah)

Islam preek dat daar net een unieke God ( Allah) is en hy moet aanbid en gehoorsaam word.

2. Geloof in Mala-eka (Engele)

Moslems glo dat Allah onsigbare wesens geskep het, soos die Engele. Moslems glo in hulle bestaan, hulle name, hulle take, en beskrywings soos in die Koran verduidelik word en ook in die Sunnah (Leringe van die Profeet).

3. Geloof in die Boeke van Allah

1) Moslems glo dat Allah van tyd tot tyd boeke onthul het na mensdom deur sy Profete. Die boeke het van die  selfde goddelike bron uitgekom het; hulle is almal goddelike onthullings. Moslems glo in die oorspronklike teks van die boeke soos hulle eers onthul is. Die vyf prominente goddelike  boeke is: 1) Abraham se Boek-rolle; 2) Zabur (Psalms) David; onthul na die Profeet Dawid; 3) Tawrah (Tora) onthul na die Profeet Moses; 4) In-jil ( Evangelie) onthul na die Profeet Jesus; 5) Koran onthul na die Profeet Muhammad.

4. Geloof in die Profete van Allah

Moslems glo dat Allah Sy Profete na al mensdom toe gestuur het om boodskappers te wees en om vir hulle leiding. Moslems glo in hulle bestaan, hulle name, en hulle boodskappe, soos Allah en sy Profete hulle ingelig het. Profeet is nietig van goddelikheid omdat dit eksklusief net aan  Allah (God) die Almagtige behoort. Hulle is almal regverdig, eerlik, en  vroom manne wat Allah gekies het om modelle na al mensdom te wees, hulle woorde en dade was in ooreenstem met die godelikke gebooie.

5. Geloof in Yawm al-Qiyama (Dag van Oordeel)

Moslems glo dat die leef op die aarde en alles wat op die aarde is sal op ‘n besluit dag na ‘n einde toe kom, alles sal vernietig word. Op daardie dag sal al die dood wek; Allah sal oordeel met perfekte geregtigheid, elke persoon individueel volgens sy goeie of slegte gedrag van sy lewende jare, en elke persoon sal sy regte volledig het. Allah sal daardie wat goeie dade gedoen het beloon en hulle Paradys (Jannah) toe sal stuur. Allah vergewe net daardie wat Hy wil, maar nie daardie wat nie Sy bevele gevolg het, of Hy sal hulle na He (Jahannam) toe stuur.

6. Qada wal-Qada (Bestemming, Goddelik, Dekreet)

Qada wal-Qada (Bestemming, Goddelik, Dekreet) Moslems glo dat die hele heelal is heeltemal onder Allah se dirigeering en beheer., en alles wat is of wat gebeur in die heelal of dit die kleinste of die grootste gebeurtenis is, is regeer deur Allah. Moslems vertrou Allah maar Hy verwag dat hulle ‘n opregte poging moet maak om te streef en hulle beste te doen, en nie net eenvoudig terug sit en alles alleen laat loop nie en hulle moet nie bedank van hulle streef nie. So ‘n geloof gee ‘n persoon ‘n geweldige graad van innerlike seerheid en vertroue en ‘n verlig van hart, veral as mens lyding aansig. Meesal, lewe mens met die versekering dat enige ding wat sal volg, al is dit ook die dood sal op die aangestelde tyd aankom.


Die Islamiete Shariah (Wette van Islam)

Shariah is die godelikke kode van praktyk wat ‘n gids is vir Moslems in alle sake in sy/ haar leef, dit is in twee kategorieë verdeel: Ebadat (stelsel van aanbidding), en Muamalat ( stelsel van hantering). Die hoofde bron wat al die wette van Islam regeer is Allah deur twee kanale; die eerste is die Koran, die boek van Allah, en die tweede is die Sunnah, wat die oorspronklike opname van die woorde en tradisies van die Profeet is en alles wat sy metgeselle gesê of gedoen het, en wat Hy geen beswaar toe gewys het.


Die Wettig en Onwettig in Islam

Die basiese reëls wat ons wys wat wettig en wat onwettig is, is dat alles wettig is, tensy geen van die bronne van Islamitiese wette nie spesifiseer dat iets onwettig is nie. In Islam is dit verbied om alkohol te drink, dwelms te gebruik, rente te ontvang, immoreel op te dra. Dit is ook verbied om die vleis van vark , roofdiere (diere of voëls) en alle dood diere te eet.


Oorlog

Oorlog is nie ‘n objektief van Islam nie en dit is ook nie normaal vir Moslems nie; dit is net ‘n laaste opsie in die mees buitengewoon omstandighede, as alle ander pogings om ‘n vreedsame oplossing te vind, misluk. In Islam, is elke mens geregtig om ‘n vry en vreedsame leef te geniet, ongeag van geloof, geografiese of rassige-diskriminasie oorwegings. As nie-Moslems vreedsaam of onverskillig met Moslems naby bly, kan daar geen rede wees of regverdige gronde om oorlog te verklaar, om vyandlikhede te begin, om dade van aggressie te begin of om hulle regte te skend nie.


Jihad

In Islam, beteken Jihad nie “ Heilige Oorlog” nie. Dit is ook nie die verklaring van oorlog teenoor ander gelofte en definitief nie teen die Christene of die Jode nie, soos baie mense wil glo. Jihad beteken letterlik “strewe, die sukkel of oefen van meer moeite as gewoonlik vir die verbetering van die self en die groot gemeenskap. “Dit is eintlik ‘n inwendig, maatskaplikke en dapper dimensie.

– Die inwendige dimensie van Jihad sluit in die stryd teen die boos druk van die self; dit sluit in elke Moslem se erns morele pogings om weer te staan teen alle inwendige of uiterlike druk teen sonde van alle soorte. Dit sluit ook in die strewe om probleme, moeite, take en versoekings teen te stry.

– Die sosiale dimensie sluit in die stryd teen sosiale onreg en die skepping van ‘n kommunale identiteit wat baseer is op liefdadigheid, respek en gelykheid. Dit roep al die mense van die gemeenskap om die goed te geniet en om kwaad te verbied.

– Laaste, die dapper aspek van jihad is in die vorm van ‘n regverdige oorlog wat teen aggressie kan gebruik word of om teen tirannie en diskriminasie te veg, en dan ook om streng die perke van gedrag te volg wat deur Islam gegee is. Dit beteken om die lewe van onskuldiges te bewaar en die heiligheid van die omgewing ook.

– Islam verwere alle vorms van terrorisme, ekstremisme, fanatisme en fundamentalisme. Die geloof van Islam waarborg die heiligheid van die lewe ( die lewe van ‘n nie- Moslem is ook heilig beskou soos die van ‘n Moslem), eer, eiendom en vryheid om godsdiens te kan omhels so lang as hulle nie anders seermaak nie. Om mense te terroriseer of vrees te versprei in enige gemeenskap of anders seer te maak is soos ‘n groot sonde beskou in Islam; Allah het gesê dat mense wat betrokke word in sulke dade moet gestraf word.


Vrou mense en Islam

In Islam is vrouens beskou as gelyk met mans, hulle is ook beskou as volwasse en bekwaam om die vennoot van ‘n man te wees. ‘n Familie kan nie bestaan sonder ‘n vrou nie en Islam leer ons dat mans en vrouens is al twee die skepping van Allah, en hulle bestaan is gelyk in waarde en waardering.

In sommige gemeenskappe is vrouens nog met voorvardelik gebruikte en met stam tradisies gehandel, maar in Islam is dit gewoonlik om hulle altyd eer en respek te wys. Islam bewaar die vrou se eer en eerbaarheid en vereis dat ‘n vrou met respek en eer gebruik word. Haar vroulikheid moet nooit uitgebuit word nie, sy moet altyd beskou word en behandel soos ‘n menslike individueel haar seksualiteit moet beskerm word totdat sy met haar man saam kom en met geen ander persoon nie.

In Islam kan ‘n troue nie gehou word nie as die vrou nie vrylik saam stem nie en ‘n bruidskat nie vir haar gegee is nie. In Islam is daar prioriteite vir mans en vrouens. Die verantwoordelikheid vir die verskaffing vir die familie is die man se, terwyl die verantwoordelikheid om vir die huis en kinders te sorg is die vrou se. Die is die hoof prioriteite, maar samewerking tussen die man en vrou is vereis en hoogs aanbeveel.


Kleed

Vir mans en vrouens, vereis Islam dat hulle behoorlik, ordentlik, beskeie en skoon klere moet dra. onmiddellike familie soos haar man, kinders, broers, ooms, oupas, en enige ander mans (familie lede wat verbode is om met haar te trou), met ander vrouens, dan kan ‘n Moslem vrou haar buite klere aftrek, sy is dan vry om haarself te aantrek soos sy wil.

Onwettige klere en versiering:

Stywe klere, deursigtige klere, klere wat liggaamsdele blootstel wat seksueel aantreklik is, buiten klere, swemklere, grimering, en parfuum in openbare plekke, pruike en haar-stukke, goud en sy is verbode vir mans alleenlik, maar wettig vir vrouens.

In Islam is vrouens se skoonheid en seksuele eienskappe nie in openbare plekke gewys nie.


Tradisies wat me Islam Bemoei

Die nakoming van Islam (soos met ander mening) wissel met die krag en geloof van die mense. Soms is daar ‘n inmeng van kulture en tradisies met geloof, en dit kan die geloof oorskadu. Sommige mense eis dat iets in hulle kultuur of tradisie is deel van hulle geloof, al is dit nie. Of hulle doen iets wat geen regveriging in Islam het nie of is verbode; paar mense eis dat die dinge die beginsels van die geloof Islam is.

Die oortuigings en praktyke van Moslems moet nie geoordeel word nie volgens die oortuigings en wette van ander gelofte nie, omdat sommige wettig praktyke van een geloof kan onwettig of verkeerd in ‘n ander geloof wees.

Soms kan die verdrag van sommige mense offensief wees en omgekeerd kan dit vir hulle ook so lyk, ten spyte dat die gedrag nie bedoel is om so te wees nie. Byvoorbeeld, Islam bevel Moslems om hulle oë te verneder as hulle met iemand praat uit respek en eer, dit kan beledig wees vir mense van ‘n ander kultuur waar dit baie belangrik is om iemand in die oë te kyk as hulle kommunikeer.

Om in vrede en harmonie in die wêreld te woon, moet ons besef dat mense is verskillend geskep en hulle verskil in die kleur van hulle vel, die tale wat hulle praat, hulle geloof, kulture en tradisies. Mense mag verskillend wees maar dit beteken nie dat hulle sleg of boos is.